Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.

LITURGIE VANOGGEND

Afkondigings

Sang voordat die erediens begin.

Liedboek 509: 1 & 2

Die HERE groet ons met Sy seën !

Lofsang

Liedboek 190: 1 tot 3

Ons Bely ons geloof

Twaalf Artikels

Die wet

Sang

Skrifberymming 9-1: 1, 10 en 11

Gebed

Sang

Psalm 2: 6

Skriflesing

Matteus 6: 9 tot 15

&

Lukas 15: 17 tot 24

Teksvers

Matteus 6: 9a

Prediking

Slotsang;

Skrifberyming 2-4: 1 & 3

Die HERE stuur ons weg met Sy seën !

Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN

DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem. 

Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir die Thusafonds bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.

Die  Thusafonds het ten doel om die emeriti uit die jonger kerke (voormalige Sinode Middellande en Klassis Capricorn) te ondersteun.

SR LETTIE ERASMUS OORLEDE

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat

Sr Heiletje Maria Erasmus

op Sondag, 01 Mei, in die rype ouderdom van 92 jaar oorlede is.

Sy en haar oorlede eggenoot het op 09 April 1973 by ons Gemeente aangesluit vanaf Piet Retief en was vir 49 jaar lank ‘n lidmaat van ons gemeente.

Ons harte gaan uit na haar familie wat tans oorsee is.

Ons bede is dat hulle ook die Here se nabyheid in hierdie tyd sal ervaar. Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

                                        KATKISASIE/TEEBEDIENING

Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.

Dit is vanoggend die beurt van wyk Dealeweg en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is. Alhoewel die wyk tans vakant is, vertrou ons dat daar genoeg helpers sal wees.

Volgende Sondag  sal wyk Eeufeesweg DV aan die beurt kom.

TOEKOMSTIGE FORMAAT VAN ONS NUUSBRIEF

Tydens die onlangse kerkraadsvergadering is daar besluit om ONS NUUSBRIEF voortaan hoofsaaklik in elektroniese formaat deur middel van die WhatsApp-gemeentegroep aan lidmate beskikbaar te stel soos wat dit al vir ‘n geruime tyd die gebruik is.

Die enigste verskil is dat dit van nou af reeds op Saterdae uitgestuur sal word.

Die grootste oorweging by die neem van hierdie besluit was die besparing in die koste van papier wat dit te weeg sal bring.

Daar sal egter steeds elke Sondag ‘n beperkte aantal gedrukte nuusbriewe beskikbaar wees.

U word dus vriendelik versoek om net een te neem indien u nie die elektroniese weergawe verkies nie.

LIDMAAT TER APPROBASIE

Die naam van sr Retha Britz van Totiusstraat 22 word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou om te dien as diaken.

ONS DINK AAN…

Dr Japie Gerber wat ‘n operasie ondergaan het maar reeds sodanig herstel het dat hy tans tuis aansterk.

Ons bid vir hom en sr Ria die seën van die Here toe en vertrou dat hy ten volle sal herstel.

KOMMISSIEVERGADERING

Die Gemeentefunksiekommissie vergader vanoggend na afloop van die erediens in die kerksaal. Daar is ‘n aantal funksies wat DV in die afsienbare toekoms gaan plaasvind en waarvan die reëlings getref moet word, nl. die Gemeente-ete op 12 Junie, ‘n Kerrie en Rys aand op 30 Julie en die fondsinsamelingsprojekte waarvan elders in hierdie nuusbrief melding gemaak word. Ons hartlike dank aan die sameroeper van die kommissie, ouderlingl Francois Venter en al die lede, vir hulle deeglike voorbereiding en moeite wat hulle doen om van elke geleentheid ‘n sukses te maak en sodoende ‘n waardevolle bydrae te lewer ter stuiwing van die kerk se fondse.

FONDSINSAMELINGSPROJEK

Die Gemeentefunksiekommissie het twee Swartwildebeeste as skenking bekom.

Hulle beplan om 20 kaartjies per bok teen R300 stuk te verkoop.

Die twee wenners word deur middel van ‘n trekking bepaal en die prys is ‘n geleentheid om self die bokke te skiet en ‘n “verrassingspakkie”. Dit sal onder streng toesig geskied en wapens is beskikbaar indien u nie oor een beskik nie.

Die vleis sal verwerk en verkoop word as nat/droë wors.

Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word om groter geleenthede, bv. ‘n Gala-aand met ‘n gaskunstenaar, te befonds.

‘n Kermis is ook deel van die beplanning.

Om suksesvol te wees, is die betrokkenheid van die Gemeente egter van kardinale belang. Daarom word almal se insette benodig.

Kontak asseblief die volgende persone om u idees oor te dra asook vir die aankoop van kaartjies vir die wildebeeste:

Louis van Niekerk

082 651 0001

Louwrens de Beer

082 789 6793

Hannes van Jaarsveld

072 436 5915

ONS OMGEEBOEKIE

Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.

Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.

Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.

Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net  

BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL

Donderdag 26 Mei                        Hemelvaartdag – Erediens om 18:00

Sondag 5 Junie                            Pinkstersondag

                                                                                               Ouderlinge vergader

                                                                                               Diakonie vergader

Sondag 12 Junie                          NAGMAAL

                                                                            Gemeente-ete om 11:30 in kerksaal

Donderdag 16 Junie Jeugdag

Vrydag 17 Junie                           Openbare vakansiedag

Vrydag 24 Junie                           Skole sluit

Dinsdag 19 Julie                          Skole open

PSALM- EN ORRELFEES
Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid bied ‘n Psalm- en Orrelfees aan op Saterdag,

4 Junie, om 10:00.

Toegang is gratis en vir meer inligting kan Tiaan Herbst gekontak word by 076 221 7071                                         

VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
 

Baie hartlik geluk! 

Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

GELUKWENSE AAN SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR

SENIOR LIDMATE

Sr Cecelia van Wyk73 van Reelerstraat 18 wat vandag verjaar.

Br Boeta de Schande70 van Beaumontplek 8 wat Saterdag verjaar.

BELYDENDE LIDMATE

10 Mei

Sr Nandi Lubbe – 083 678 6645  

11 Mei

Br Louw van der Walt – 076 840 0713  

14 Mei

Ouderling Pieter Knoester – 063 267 1673

DOOPLIDMATE

GEEN

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie,

 nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,

 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,

 dit dag en nag oordink.

Psalm 1: 1 & 2