Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voor die erediens begin
Liedboek 169:1, 2 & 3
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 8: 1 tot 4
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Skrifberyming 8-1: 1 & 2
Bevestiging van sr Retha Britz as diaken
Psalm 134: 4
Gebed
Skriflesing
Matteus 6: 25 tot 34
Teksvers – Matteus 6: 10a
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 14-2: 1 & 2
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Teologiese Studentekas word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Kinderhuis te Reddersburg in die sakkie met die houtraamwerk.
KATKISASIE/TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Frans Rumpffstraat en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.
Volgende Sondag sal wyk Groenvlei DV aan die beurt kom.
HARTLIK GELUK AAN…
Diak Pietman en sr Mariza Mosca van Ben Tindallstraat 10 met die geboorte van ‘n dogtertjie en dus ook ‘n kleindogter van br Piet en sr Geert Mosca.
Ons bede is dat die kleinding vir hulle baie vreugde sal bring.
Dr Frans de Bruyn, hulpdiensleraar van ons Gemeente wat Sondag, 29 Mei, verjaar.
Afgesien van die eredienste wat hy van tyd tot tyd waarneem, bedien hy tans vyf vakante wyke in die Gemeente deur gereelde huisbesoek waarvoor ons baie dankbaar is en groot waardering het.
Verder bedien dr Frans ook so te sê weekliks die Woord by omliggende plattelandse gemeentes wat nie ‘n predikant het nie.
Ons het ook groot dank en waardering vir sr Petro wat hom so getrou bystaan en ondersteun.
Br Martiens du Plessis wat Donderdag, 02 Junie, sy 90ste lewensjaar vier.
Dit is ‘n baie geseënde ouderdom om te bereik en ons bede is dat die Here steeds Sy hand van seën oor hom sal hou en goeie gesondheid en lewenskragte sal skenk in die nuwe lewensjaar
Gelukwense word ook oorgedra aan sy suster, sr Sinta en swaer, br Frik van Sittert.
ONS DINK AAN…
Br Klasie de Kock wat verlede week in die hospitaal opgeneem is.
Ons bede is dat hy en sr Rina elke dag die nabyheid van die Here sal ervaar en dat hy spoedig sal herstel.
SONDAGMIDDAG BYBELSTUDIE
Daar sal weer DV Sondagmiddag, 29 Mei, om 17:00 ‘n Bybelstudiebyeenkoms in die kerkgebou gehou word wat deur ds Kobus gelei sal word.
Hierdie is ‘n geleentheid wat elke laaste Sondag van die maand plaasvind en is bedoel vir lidmate wat nie die bestaande twee Bybelstudiebyeenkomste op Donderdae kan bywoon nie.
Almal is hartlik welkom.
KLERE VIR LESOTHO-GEMEENTES
Daar bestaan ‘n groot behoefte in die Lesotho-gemeentes vir bruikbare klere. Indien daar lidmate is wat van hulp kan wees hiermee, kan u vir Dirk Coetzee kontak by 082 784 1993.
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het vertrek na die Gereformeerde Kerk Stilbaai:
Sr Doreen du Plessis van Rayton Ridge 8. Sr Doreen was vir meer as 43 jaar ‘n getroue en meelewende lidmaat van die Gemeente!
Waar sy nou op 88 jarige leeftyd in ‘n aftreeoord op Stilbaai gaan woon, vergesel ons beste wense haar en bid ons haar die seën van die Here toe.
Met attestasie het oorgekom vanaf die Gereformeerde Kerk Bfn-Suid
Br Sarel Muller en sy eggenote, sr Engela Muller, woonagtig te Sewe Damme Aftreeoord.
Ons heet hulle van harte welkom in ons Gemeente en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees.
TOEKOMSTIGE FORMAAT VAN ONS NUUSBRIEF
Vanaf hierdie week sal ONS NUUSBRIEF hoofsaaklik in elektroniese formaat deurmiddel van die WhatsApp-gemeentegroep,webblad(www.gkbfnnoord.co.za) en Facebook aan lidmate beskikbaar gestel word.
Vandag se uitgawe is reeds gister uitgestuur.
Die grootste oorweging by die neem van hierdie besluit was die besparing in die koste van papier wat dit te weeg sal bring.
Daar sal egter steeds elke Sondag ‘n beperkte aantal gedrukte nuusbriewe beskikbaar wees.
U word dus vriendelik versoek om net een te neem indien u nie die elektroniese weergawe verkies nie.
ONS OMGEEBOEKIE
Terwyl die opdatering van die inligting aandag geniet, is daar steeds geleentheid vir lidmate wat hulle ou foto wil vervang, of diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, om foto’s van die gesin vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
Slegs ‘n paar foto’s is nog tot dusver ontvang. Neem asseblief die vrymoedigheid en stuur u foto’s in!!
TELEMANN KONSERT
‘
n Konsert waartydens verskeie werke van Telemann, insluitende sy bekende concerto vir Altviool, uitgevoer word, vind plaas op Sondag, 29 Mei 2022 om 16:00 in die Lutherse Kerk oorkant Emily Hobhouse plein.
Die werke word uitgevoer deur Elsabé Raath en Louri Coetzee. Toegang is gratis maar donasies sal waardeer word.
PSALM- EN ORRELFEES
In die vorige berigte is genoem dat die Psalm- en Orrelfees deur die GK Bfn-Suid aangebied word. Dit word egter deur die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidheuwels aangebied op Saterdag, 04 Junie, om 10:00.
Toegang is gratis en vir meer inligting kan Tiaan Herbst gekontak word by 076 221 7071.
Daar sal ook worsbroodjies en skyfies teen R25 elk beskikbaar wees.Vooraf bestellings kan gemaak word by Anel Herbst – 082 496 6439.
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Sondag 05 Junie
Pinkstersondag
Ouderlinge vergader
Diakonie vergader
Sondag 12 Junie
NAGMAAL
Gemeente-ete om 11:30 in kerksaal
Donderdag 16 Junie
Jeugdag
Vrydag 17 Junie
Openbare vakansiedag
Vrydag 24 Junie
Skole sluit
Dinsdag 19 Julie
Skole open
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Die Gemeentefunksiekommissie het twee Swartwildebeeste as skenking bekom.
Hulle beplan om 20 kaartjies per bok teen R300 stuk te verkoop. Die twee wenners word d.m.v. ‘n trekking bepaal en die prys is ‘n geleentheid om self die bokke te skiet en ‘n “verrassingspakkie”.
Dit sal onder streng toesig geskied en wapens is beskikbaar indien u nie oor een beskik nie.
Die vleis sal verwerk en verkoop word as nat/droë wors. Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word om groter geleenthede, bv. ‘n Gala-aand met ‘n gaskunstenaar, te befonds. ‘n Kermis is ook deel van die beplanning.
Om suksesvol te wees, is die betrokkenheid van die Gemeente egter van kardinale belang. Daarom word almal se insette benodig.
Kontak asseblief die volgende persone om u idees oor te dra asook vir die aankoop van kaartjies vir die wildebeeste:
Louis van Niekerk
082 651 0001
Louwrens de Beer
082 789 6793
Hannes van Jaarsveld
072 436 5915
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
SENIOR LIDMATE
Dr Frans de Bruyn84 van Valley Court 6 wat vandag verjaar
.Sr Annet Knoester77 van Carel van Pletzenlaan 7 wat Woensdag verjaar.
Br Martiens du Plessis90 van Aliquando wat Donderdag verjaar.
Br Dirk Coetzee70 van Paul Rouxstraat 50 wat Saterdag verjaar
Oudl Hennie de Bruin73 van Waverleyweg 163 wat Saterdag verjaar.
Sr Lydia van der Walt73 van Koedoedraai 1 wat Saterdag verjaar.
BELYDENDE LIDMATE:
Vandag
Br Gerhard Landman – 083 454 3302
Sr Karen Venter – 072 394 9752
30 Mei
Sr Annelize Marais – 082 770 6662
31 Mei
Sr Clarissa Coetzee – 083 319 8193
Br Niel Storm – 079 081 9910
Sr Annelie van Rooyen – 082 555 9692
3 Junie
Br Herman Britz – 084 827 1314
4 Junie
Sr Anita Knoester 063 267 1673
DOOPLIDMATE
Vandag
Suhané Maritz – 079 039 8611
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here.
Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde,
wat ontsag het vir my word
Jesaja 66:2