DIE GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE IN KORT

Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord het op 15 Oktober 1961 van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Wes afgestig.

Die eerste predikant was ds JLJ Snyman wat later deur ds JJ de Wet Kruger opgevolg is. Dr HA van Dalsen was vir 27 jaar die volgende predikant, waarna hy in 1998 geëmeriteer het en sedert Oktober 2015 in Hermanus woonagtig is. Ds TJ Potgieter is in Mei 1998 as die vierde predikant van Bloemfontein-Noord bevestig. Teen die einde van Mei 2008 het hy ’n beroep na Port Elizabeth aanvaar en na byna sewe maande se vakantskap is ds WJ Botha van die Gereformeerde Kerk Frankfort op 7 Desember 2008 as vyfde predikant van ons Gemeente sedert die stigting 57 jaar gelede, bevestig.

Ons kerkgebou, op die hoek van Dealeweg en Kiplingstraat is op 25 September 1965 in gebruik geneem en die doelmatige kerksaal op 28 Februarie 1988 met die onthulling van die gedenkplaat deur dr Hubrecht van Dalsen.

geskiedenis_01

 

Die kerkgebou is op 25 September 1965 in gebruik genee

Die seremoniële sleutel waarmee mev Snyman die kerk oopgesluit het, is gedurende 2012 deur haar aan die kerk gestuur en is aangebring in die voorportaal van die kerk. Die gemeente is dankbaar dat hierdie stukkie geskiedenis beware gebly het.

DIE GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE IN KORT

Die orrel is die aand van 25 September 1965 in gebruik geneem. Die orrel is deur die susters van die gemeente geskenk en deur sr Hettie Venter amptelik aan die kerkraad oorhandig tydens ‘n uitvoering die betrokke aand.

 

 

geskiedenis_05Die kerksaal is op 28 Februarie 1988 in gebruik geneem met die hoeksteenlegging deur dr Hubrecht van Dalsen. Die saal is dus vanjaar (2014) 26 jaar in gebruik.

 

 

 

Daar is ook twee Kanselbybels, een 1933-vertaling en een 1983-vertaling: Die eerste een is geskenk deur br Frans en sr Ellen Coetzee en is met die inhuldiging van die kerkgebou deur hulle op die kansel geplaas. Br Frans was blind. Die tweede is deur br Wikus Vorster geskenk toe hy 20 jaar lank koster van die gemeente was.

geskiedenis_06

Vier van die lidmate wat by afstigting in 1961 lidmate geword het, is nog steeds deel van die gemeente: Hulle is br Chris en sr Susan Venter (links) , sr Madeline Venter (regs agter) en br Dawie Mynhardt (regs voor). Br Dawie was ook lid van die boukommissie.

Twee van die eerste drie katkisante is ook nog lidmate van die gemeente: Emmie Smit (vd Walt) – middel en Whitey vd Walt (regs). Hier is hulle saam met Sunet Kruger (van Zyl) links.

geskiedenis_08