Egskeidingbediening vir volwassenes
Kom sluit by ‘n groep aan en ervaar dat ander persone dieselfde beleef. Vir twee ure kan jy in ‘n warm en ondersteunende atmosfeer saam gesels om te herstel van ‘n moeilike tyd in jou lewe.
Daar is beslis ‘n toekoms na ‘n egskeiding !
Indien jy reeds lank geskei is, sal daar steeds oomblikke wees wat jou herinner aan jou egskeiding. Jy is ook welkom om te kom.
Kinders, jonk en oud, ervaar ook geweldige trauma wanneer hul ouers skei. ‘n Groep van kinders tussen 6jaar tot 12jaar kom terselfde tyd ook bymekaar. Bring jou kinders saam.
Die groepbesprekings word in Afrikaans gedoen. Die DVD’s en handboek is in Engels saamgestel.
Let wel:
1. Dit is nie ‘n man- of vrou soek klub nie. Die fokus bly steeds om te herstel van jou egskeiding !
2. Geen berading word gedoen nie. Fasilitering word deur persone gedoen wat ook ‘n egskeiding beleef het !
Byeenkomste: Tans Maandae vanaf 18h00 tot 20h00 (Dae van die week kan verander)
Kontak: Dirk Coetzee – selfoon: 082 784 1993 e-pos: djc001@mweb.co.za
Divorce Care en Divorce Care for Kids(DC4K) se programme word as hulpmiddele gebruik.
Besoek gerus hul webtuiste vir meer inligting.